Bossie-atlete staan nie terug nie

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se interhuis-atletiek is vanjaar op Vrydag 18 Januarie by Mogolklub gehou.

Soos altyd was daar nie ʼn tekort aan aanmoediging en ondersteuning van ouers en toeskouers se kant af nie.

Rekords is verbeter en herinneringe gemaak. Die wenspan van die dag was weer eens die Valke en die Loeries beloof om hard te oefen om volgende jaar te wen.

“Baie geluk aan al die atlete en sterkte met die seisoen wat voorlê,” sê die afrigters.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.