Bossie-atletiek: beter, beste

Bosveld-area-atletiek

Erika Swanepoel
LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se atletiekspan het Vrydag 5 Februarie aan die Area-atletiekbyeenkoms te Laerskool Ellisras deelgeneem en die Bossie-atlete het puik presteer. Laerskool Bosveld Primary se atlete kry 30 eerste plekke en 22 tweede en derde plekke.
39 atlete is uit 65 items gekies om deel te wees van die Palala-area-atletiekspan.
Dié span gaan Vrydag 12 Februarie by Laerskool Krugerpark in Mokopane aan die Streek- atletiekkampioenskappe deelneem.
Laerskool Bosveld Primary is baie trots op die atlete wat gekies is en wens hulle sterkte toe.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.