Bossie boogskuts

Michelle Grobler
LEPHALALE — Die boogskuts van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag 22 April aan ‘n kompetisie deelgeneem te Waterberg Akademie in Vaalwater. Die Bossies behaal ‘n algehele derde plek in die kompetisie.
Tristan Rautenbach eindig derde in die “Rising Star” goud-kategorie en Ilis-Mari Venter behaal ‘n tweede plek in die “Rising Star” rooi-kategorie. Ilis-Mari behaal ook ‘n eerste plek in die junior meisies en Tristan ‘n eerste plek in die junior seuns. Brandon Perrier behaal ‘n tweede plek in die junior seuns. Tristan behaal ‘n algehele derde plek in die kompetisie.
Die volgende boogskutkompetisie word Saterdag 6 Mei by Laerskool Bosveld Primary gehou.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.