Bossie boogskuts

bossie-boogskiet

Michelle Grobler
LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se boogskuts het Saterdag 17 September aan ‘n boogskietkompetisie in Vaalwater deelgeneem teen Waterberg Academy, Hoërskool Ellisras en ‘n paar boogskuts vanaf Koster.
Tristan Rautenbach het ‘n tweede plek behaal in junior seuns en Waldo Maritz behaal ‘n derde plek. Lynette Sakala het ‘n tweede plek in junior meisies behaal.
Laerskool Bosveld Primary het ‘n algehele derde plek behaal uit die vier spanne wat deelgeneem het.
Die volgende kompetisie is Nasionaal en dit word in Gauteng aangebied. Die Bossie-skuts gaan teen die spanne van Gauteng, Noord-Wes, Vrystaat, Kaap en Mpumalanga te staan kom.
Baie sterkte aan die dapper skuts – die skool hou duim vas vir goeie resultate.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.