Bossie-krieket op toer

J du Plessis
LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se krieketspanne het hulself van 4 tot 7 Julie voorberei vir die nuwe krieketseisoen tydens ‘n suksesvolle toer na Jubaweni.
Die o. 11-span het drie uit vier wedstryde gewen en die eerste span het drie wedstryde in ‘n ry gewen nadat hulle die eerste twee wedstryde verloor het. Dit is veral in die laaste wedstryd waar die eerste span hul staal gewys het in ‘n spannende wedstryd teen Laerskool Pam Brink van Springs. Hulle afrigter sê dit is die soort karakter wat hulle in dié wedstryd gewys het wat hulle gaan nodig hê in die opkomende ligawedstryde.
Laerskool Bosveld sien uit na ‘n goeie seisoen en hoop dat die seuns se harde werk beloon sal word.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.