Duné Gouws
LEPHALALE — Die o.10- en 0.13 A- en B-span van Laerskool Bosveld Primary het Donderdag 19 Mei by Laerskool Ellisras hul laaste liga-wedstryde van die jaar teen Laerskool Ellisras en Laerskool Eenheid gespeel.
Die spanne wen al hulle wedstryde met die uitsondering van twee gelykop tellings teen Laerskool Eenheid en een wedstryd wat hulle verloor teen Laerskool Ellisras.
Die afrigters is baie trots op die spelers wat vanjaar so hard oefen en volhard.