Bossie-landloop

Erika Swanepoel
LEPHALALE — Die landlopers van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag 29 Julie aan die laaste ligabyeenkoms van die seisoen te Stanford Lake College by Magoebaskloof deelgeneem en puik presteer.
Friedrich Neethling het `n eerste plek behaal in die seuns o. 8-afdeling en Nika Snyman behaal `n derde plek in die dogters o. 9-afdeling. Verskeie goeie plekke is deur die ander landlopers behaal.
Die kranige landlopers neem Saterdag 5 Augustus aan die Limpopo-kampioenskappe deel.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.