Bossies vir KANSA

Voor: Albert du Plessis, Neo Mophoto en Lola Ndlovu
LEPHALALE — Die leerlingraad van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag 15 September aan die jaarlikse KANSA “Relay for Life “ deelgeneem.
Die leerders het onder leiding van Meraai Grové en Sonja van Deventer, leerlingraadvoogde, aangehou met vrolike vasberadenheid om iets aan die gemeenskap terug te gee.
Die leerders bedank die lede van KANSA vir hulle harde werk en toewyding. “Ons hoop om die ander skole in die dorp by 2019 se “Relay” te sien,” sê hulle.
Bossieskuts beïndruk

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se boogskuts het Saterdag 15 September aan ʼn kompetisie by Hoërskool Ellisras deelgeneem.
Die Bossies se junior span het ʼn eerste plek behaal in hulle kategorie en Mischka Prinsloo het ʼn derde plek behaal in die junior meisies-kategorie.
Die Bossieskuts sê hulle sien uit na die Nasionale byeenkoms vanaf 3-5 Oktober in Rustenburg waaraan 15 van hulle gaan deelneem.