Bossie-skaaploop

Bossie-boogskuts-skaaploop

Marno Pepler
LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se jaarlikse Skaaploop is Saterdag 7 Mei by die skool gehou. Die geleentheid is ten bate van boogskiet.
Buiten die skaaploop, was daar ook geleenheid vir toeskouers om 3D-boogskiet en bokdrolspoeg op die proef te stel.
Die boogskuts van Laerskool Bosveld Primary behaal ‘n algehele derde plek en Ilis-Mari Venter, die Bossies se formidabele skut, behaal ‘n algehele individuele derde plek en ‘n eerste plek onder die junior dames. Lynette Sakala behaal ‘n derde plek onder die junior dames.
Die organiseerders by Laerskool Bosveld Primary is na afloop van die suksesvolle dag bedank vir ‘n uitmuntende aanbieding.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.