Bossiekrieket

Jimmy du Plessis
LEPHALALE — Vier leerders van Laerskool Bosveld Primary neem die naweek van 29 en 30 September deel aan die krieketstreektoernooi vir Limpopo-laerskole wat by Mitchell House in Polokwane gehou word.
Alec Bester en Wihann Smit (o. 11) en Divan van den Heever en Ruan Mostert (o. 12) is die manne wat die Bossies by die toernooi gaan verteenwoordig.
Dié toernooi is ’n bepalende faktor of die seuns volgende jaar aan die Limpopotoernooi sal kan deelneem.
Die skool wens hulle sterkte toe.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.