Bossienetbaltoer

Die spanbou-aktiwiteite was groot pret
Die spanbou-aktiwiteite was groot pret

Duné Gouws
LEPHALALE — Die o.10- en o.13-netbaldogters van Laerskool Bosveld Primary en hulle afrigters het die naweek van 4-5 Maart ‘n netbaltoer te Konka bygewoon.
Die spanne het ‘n netbalsessie bygewoon en aan spanbou-aktiwiteite deelgeneem.
Elsje Jordaan, kaptein van die Protea-netbalspan gedurende die 2003 Wêreldbeker, het die kursus aangebied. Volgens die afrigters was die kursus baie leersaam.
Almal wat daartoe bygedra het dat die kinders die toer kon meemaak word van harte bedank.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.