Bossienuus

Debat Bossies se kos

LEPHALALE — “Ons moet boemelaars help/Ons moenie boemelaars help nie …”

Die debatvoerders van Laerskool Bosveld Primary het Woensdag 15 Augustus ’n vuurwarm debat gehou oor dié beredeneerbare kwessie.

Albei spanne het goeie bronverwysings gehad, maar die span wat reken boemelaars moet gehelp word het as oorwinnaars uit die warm debatstryd getree.


Bossies is bakgat-boogskuts

Samuel Leahy (links) behaal ’n algehele tweede plek in die junior seuns-kategorie

LEPHALALE — Twee boogskutspanne van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag 18 Augustus 2018 aan ʼn kompetisie te Waterberg Academy in Vaalwater deelgeneem en onderskeidelik in ʼn eerste en tweede plek geëindig.

Samuel Leahy behaal ʼn algehele tweede plek in die junior seuns-kategorie.

Die volgende kompetisie word op 1 September by Laerskool Bosveld Primary gehou.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.