Bossienuus

Medaljes ingeryg

LEPHALALE — Die boogskutspan van Laerskool Bosveld Primary het Saterdag 16 September aan ’n boogskietkompetisie by Hoërskool Ellisras deelgeneem en die medaljes behoorlik ingeryg. Die span eindig in ’n algehele derde plek.
Ilis-Mari Venter word aangewys as algehele junior Dogter van die Dag met ’n telling van 275 en Tristan Rautenbach behaal ’n algehele tweede plek van die junior seuns met ’n telling van 273. Branden Perrier wen die titel as algehele junior Seun van die Dag en daarmee saam ’n brons medalje vir die derde hoogste telling van die dag, naamlik 278.
Die nasionale boogskutkampioenskappe word in Oktober 2017 gehou en die skuts wat daaraan gaan deelneem word baie sterkte toegewens.

Bossies swem nuwe rekords

Swemmers wat rekords verbeter het is v.l.n.r.:
Agter: Tiaan Roets, Anke Pretorius, Nicolas Louw, Eduan Mostert, Zoey Elenis; voor: Veneske Steenkamp, Friedrich Neethling, Nika Snyman, Kayla Human

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary het Donderdag 14 September ‘n suksesvolle Interhuisswemgala aangebied. Die swemmers het 17 rekords verbeter.
Roelof Taljaard is aangewys as senior Victor Ludorum, Kayla Human is senior Victrix Ludorum, Friedrich Neethling is junior Victor Ludorum en Veneske Steenkamp is Victrix Ludorum.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.