Bossies-boogskiet

Bossie-boogskuts
Die Bossie boogskuts

M Pepler
LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary was bevoorreg om Limpopo se provinsiale boogskietkompetisie op 3 September aan te bied.
Waterburg Academy se hoërskoolspan het in die eerste plek geëindig, Hoërskool Ellisras in die tweede – en Laerskool Bosveld Primary in die derde plek. Die gewone ster-skuts het oudergewoonte die voortou geneem. Tristan Rautenbach het die goue medalje oor sy kop getrek vir die Junior seuns en so ook Ilis-Mari Venter vir die Junior dogters. Lephalale Primary, Lephalale se opkomende boogskuts, het ook die geleentheid bygewoon en met entoesiasme deelgeneem.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.