Bossies by Super 8

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se rugby- en netbalspanne het die naweek van 21 en 22 April aan die Super 8-toernooi in Polokwane deelgeneem. Dié toernooi word jaarliks deur Noordskool aangebied.
Ten spyte van strawwe kompetisie het die Bossie-rugbyspanne hul beste gelewer. Die o. 11-span het die beste gevaar en stap met rede breëbors rond.
Drie netbalspanne behaal ‘n derde plek in hul ouderdomsgroep en die Bossie-netbalspanne behaal ‘n algehele derde plek.
Die afrigters sê die spelers het verskeie nuwe tegnieke gesien en hulle gaan hard oefen om te leer om dit toe te pas in die opwindende seisoen wat voorlê.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.