Bossies gaan groot

M Pepler
LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary (LBP) se netbal- en rugbyspanne het Saterdag 11 Maart opgetrek na Laerskool Krugerpark te Mokopane om kragte met ander skolespanne te gaan meet.
Die Bossie-rugbyspanne het te staan gekom teen Polokwane se Noordskool en dit was tydens dié kragmeting dat die o. 9-span van LBP hulle goeie spel bewys het met `n oorwinning van 17-5.
LBP se netbalspanne het die spreekwoordelike kersie op die koek gesit deur 21 wedstryde te wen. Hierdie netbalspelers het die baan deurgaans oorheers.
LBP se spanafrigters sê hulle is gemotiveerd, positief en het beslis rede om uit te sien na `n opwindende en suksesvolle seisoen.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.