Bossies kry Limpopo-kleure

Annie Krugel
LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se netbal-dogters het Woensdag 3 Mei aan die Limpopo-proewe te Polokwane deelgeneem en drie dogters is gekies vir die provinsiale span.
Morakana Matsoma is gekies vir die o. 12-Limpopospan en Deoné Barnard en Shoki Mothiana is gekies vir die o. 13-Limpopo netbalspan.
Die skool is geweldig trots op hierdie kranige netbalspelers en wens hulle sterkte toe vir die res van die seisoen.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.