Bossies na SA’s

Dié dogters is op pad SA’s toe
Dié dogters is op pad SA’s toe

Deoné Barnard
LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se o.12-netbalspan het Vrydag 3 Junie tydens die Limpopo Skole Netbalkampioenskappe te Tzaneen as o.12-Limpopowenners weggestap. Dié talentvolle dogters dring dus deur na die Suid-Afrikaanse Skole-netbalkampioenskappe wat aan die einde van Julie vanjaar in die Wes-Kaap gehou word.
Die deelnemende skole aan die Limpopo-kampioenskappe
was Dr. Annecke, Noord- en Oosskool, Krugerpark, Julian Muller, Tzaneen en Louis Trichardt. Laerskool Bosveld Primary het Oosskool na ‘n senutergende eindstryd gewen met ’n telling van 8-0. Hulle is dus as algehele wenners gekroon.
Skoolhoof Louwtjie Pretorius sê die skool is baie trots op elke dogter wat gespeel het asook op hulle afrigters, Bets Kruger en Sarie Pretorius.
“Nou is dit volstoom vorentoe ter voorbereiding vir die SA-kampioenskappe” sê hy.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.