Bossies positief

Jimmy du Plessis
LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se tennis- en krieketspanne het in alle erns begin met wedstryde vir die derde kwartaal. Die senior tennisspelers het reeds ‘n ligawedstryd teen Laerskool Warmbad gespeel en hoewel die A-span slegs die helfte van hulle wedstryde gewen het, het die B-span skoonskip gemaak en alles gewen.
Op die krieketveld het Bosveld se tweede span hul vriendskaplike wedstryd teen Platina gewen met 73 lopies. Die o. 10-span het ongelukkig vasgeval teen Platina in ‘n baie spannende wedstryd.
Laerskool Bosveld Primary hoop om vanjaar goed te presteer op die krieketveld sowel as op die tennisbane en hopelik is die goeie begin ‘n aanduiding van hoe die res van die seisoen gaan verloop.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.