Bossies presteer by Streek

Tebogo M’khomazi word aangewys as Atleet van die Dag

Erika Swanepoel
LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se Atletiekspan het Vrydag 3 Februarie aan die Streek-atletiekbyeenkoms by Laerskool Ellisras deelgeneem en goed gedoen.
Die Bossies behaal agt eerste plekke, agt tweede plekke en vier derde plekke. Nege atlete kwalifiseer om aan die Limpopo-atletiekkampioenskappe deel te neem wat op 10 Maart in Polokwane gehou word.
Die skool se ster is Tebogo M’khomazi, wat as Atleet van die Dag aangewys is.
Die skool wens die atlete baie geluk en sterkte toe met die voorbereiding vir die byeenkoms.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.