Bossies reg om grotes aan te vat

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se rugbyspanne is Saterdag 9 Maart 2019 na Mokopane om deel te neem aan Laerskool Krugerpark se jaarlikse Rugbydag.

Volgens die afrigters het die spanne gemengde sukses behaal, maar dit was waardevolle oefening vir beide afrigters en spelers.

Die afrigters kon sien watter speler vir watter posisie gekies moet word en die spelers kon sien waar hulleself staan betreffende fiksheid. Die meeste Bossiespanne het teen die spanne van Laerskool Julian Muller van Groblersdal te staan gekom.

Die o. 9 A-span (0-29) en B-span (5-10) het albei verloor teen Krugerpark maar die o. 10-spanne het albei gewen met onderskeidelik 15-14 teen Julian Muller (A-span) en 17-10 teen Krugerpark (B-span).

Die o. 11 A-span het met 0-10 verloor teen Julian Muller, maar die B-span het ʼn goeie oorwinning van 15-5 teen Krugerpark behaal. By die oop-spanne het slegs die derde span vasgeval met 0-32 teen Krugerpark, terwyl die tweede span met 32-7 en die eerste span met 19-0 goeie oorwinnings teen Julian Muller behaal het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.