Bossies slyp hulself vir krieketliga

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se o.11- en o.13-krieketspan het die afgelope vakansie aan ‘n krieketweek by Jubaweni deelgeneem ter voorbereiding vir die krieketliga.
Waardevolle wedstrydoefening is opgedoen en daar was ook netsessies waar Deon Botes aan die seuns se kolftegniek gewerk het, terwyl Geoff Clarke met die boulers gewerk het. Albei spanne het een van hul wedstryde gewen en sien met vertroue uit na die ligawedstryde wat eersdaags begin.
Ruan Mostert het twee vyftigtalle vir die o.11-spannetjie aangeteken, waarvan een beurt 83 onoorwonne lopies opgelewer het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.