Bossies wys talent

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se krieketspanne het op 8 en 10 Augustus aan die jaarlikse vriendskaplike wedstryde teen Laerskool Ellisras deelgeneem.
Die eerste- en o. 10-span het goeie oorwinnings behaal en die o. 11-span het verloor.
‘n Paar individuele prestasies verdien vermelding – Ruan Mostert, onderkaptein van die eerste span, teken ‘n honderdtal aan. Hy het die boulers genadeloos gestraf, 108 lopies aangeteken en hy neem boonop drie paaltjies. Ruan is goed bygestaan deur Divan van den Heever wat puik geboul het en vier paaltjies vir slegs elf lopies laat kantel het.
Die o. 10-span het ook goed vertoon en danksy 40 waardevolle lopies deur Carli Botha (ja, sy is ‘n dogter en ‘n goeie krieketspeler) het hulle hul wedstryd gemaklik gewen.
Daar word met vertroue uitgesien na die res van die seisoen.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.