Bossietennis tops

LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se tennisspanne het Maandag 23 Julie wedstryde teen die spanne van Laerskool Nylstroom gespeel.

Ruan Mostert in aksie op die tennisbaan

Die spelers het elkeen drie wedstryde gespeel en die A- en B-span seuns wen al hulle wedstryde teen Laerskole Marble Hall, Julian Miller en Vaalwater.

Op Woensdag 25 Julie speel hulle teen die spanne van Laerskool Warmbad. Die A-span seuns wen die enkels vir die dag en die B-span seuns word aangewys as wenners van die dag. Die A-span dogters word ook in hulle kategorie as wenners van die dag aangewys.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.