Bosveld atletiek kook

Junior seun Victor Ludorum: Barnabas Nyamakhupe saam met Louwtjie Pretorius
Junior seun Victor Ludorum: Barnabas Nyamakhupe saam met Louwtjie Pretorius

Erika Swanepoel
LEPHALALE — Laerskool Bosveld Primary se Interhuis-atletiekbyeenkoms is Vrydag 22 Januarie by die Mogolklub se velde gehou. Die atlete het te midde van baie hoë temperature puik prestasies gelewer en hul sien uit na die seisoen wat voorlê.

Die volgende atlete is gekroon as die top-atlete van die dag:
• Kampioen van Kampioene – dogter: Refilwe Moatshe; • Kampioen van Kampioene – seun: Joshua Young; • Junior atleet van die dag – dogter: Refilwe Moatshe; • Junior atleet van die dag – seun: Barnabas Nyamakhupe; • Senior baanatleet van die dag – dogter: Tamia Oakes;
• Senior baanatleet van die dag – seun: Tebogo
M’khomazi; • Senior veldatleet van die dag – dogter: Reinette Alberts; • Senior veldatleet van
die dag – seun: Kaiwa Monyeki; • Junior dogter Victrix Ludorum: Refilwe Moatshe; • Junior seun Victor Ludorum: Barnabas Nyamakhupe; • Senior dogter Victrix Ludorum: Reinette Alberts; • Senior seun Victor Ludorum: Tebogo M’khomazi.
Die dag is afgesluit op `n hoë noot met die Valke wat nie net die sangbeker wen nie, maar ook aangewys is as die beste span.
Die afrigters en onderwysers wens elke Bossie baie geluk wat sy/haar bes gedoen het en sê “dit is `n fees om `n Bossie te wees”!

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.