Bosveld Duiweklub

LEPHALALE — Die duiwe van Bosveld Duiweklub het Saterdag amper 850 km na Colesberg afgelê. Dit is die tweede verste wedvlug vanjaar. Die wind was vyf knope van voor af vir die duiwe.
Die langer afstand wedvlugte vind gewoonlik in die tweede helfte van die vliegseisoen plaas, omdat die duiwe dan fikser is en gemaklik ‘n 10 tot 12 uur vlug kan voltooi. Met die afstand in ag geneem gaan sit die duiwe gewoonlik teen skemer om te slaap en dan vlieg hulle vroegoggend verder.
Die wedvlugroetes word deur die verskillende unies bepaal om seker te maak dat die duiwe oor areas vlieg waar water volop is. Voordat die duiwe losgelaat word, word kos en water aan hulle voorsien.
Pierre Human wen albei wedvlugte en Jo-Mari is in die tweede plek.
Die uitslae is as volg: Colesberg Ope 1:
Human Hokke 1, 3, 4; Jo-Mari Bokkas 2, 5, 6, 7, 10; De Lange-hokke 8 en Leon en Cora Nagel 9.
Colesberg Ope 2:
Human Hokke 1, 7, 8, 10; Jo-Mari Bokkas 2, 4, 5, 9; Leon en Cora Nagel 3 en De Lange-hokke 6.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.