Bosveld Duiweklub

LEPHALALE — Die duiwe van Bosveld Duiweklub het Saterdag 8 Julie in wedvlug 11 (Jaaroud) en wedvlug 12 (Ope) vanaf Verkeerdevlei in die Vrystaat gevlieg. Die gemiddelde afstand was 576 km soos wat die kraai vlieg.
Die jaaroudwedvlug se duiwe is om 07:30 gelos en die duiwe vir die ope-wedvlug om 08:00.
Die eerste jaaroud-duif terug is die eiendom van Human-hokke met ‘n wenspoed van 1111.9675 meter per minuut (66 km/h). Die eerste ope-duif terug is die eiendom van Jo-Mari (Bokkas) met ‘n wenspoed van 1097.5795 meter per minuut (65 km/h). Bokkas was heel te vrede met haar ope-duif wat eerste terug was, maar sy wil nie sê hoe sy dit reggekry het nie.
Daar word elke Saterdag tydens die wag vir die duiwe nuwe planne gemaak vir die volgende naweek. Sterkte vir volgende naweek te Bloemfontein.
Die uitslae is as volg:
Wedvlug 11 (Jaaroud) – Human-hokke 1, 2, 3, 4; Bokkas 5, 8, 10; De Lange-hokke 6, 7, 9.
Wedvlug 12 (Ope) – Bokkas 1; De Lange-hokke 2, 7, 10 en Human-hokke 3, 4, 5, 6, 8, 9.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.