Bosveld Posduifklub

LEPHALALE — Die duiwe van Bosveld posduifklub is Donderdag 25 Augustus gelaai vir die volgende twee wedvlugte vanaf Edenburg, sowat 638 km vanaf Lephalale.
Die eerste duif was eers teen Saterdagaand om 18:16 in die dorp. Wedvlug 25 se eerste duif van Human Hokke is geklok teen ‘n gemiddelde spoed van 988 meter per minuut en Wedvlug 26 se eerste duif, ook van Human Hokke, is eers Sondagoggend 06:50 geklok teen ‘n gemiddelde spoed van 956 meter per minuut.
Klokke is Sondagaand om 19:00 oopgemaak. Met nog net vier wedvlugte oor, gaan die hitte ‘n groot invloed hê op die wedvlugte.
Pierre Human en sy span het weer eens bewys dat jy op jou tone moet bly as jy ‘n sê wil hê in die klub. Baie geluk Pierre, jy doen goed met jou duiwe.
Frans de Lange hou vakansie in Margate, maar as hy weet wat goed is vir hom sal hy sy visstokke uittrek en instruksies deurstuur na sy “loft” bestuurder – dis nou te sê as hy nog ‘n woord wil inkry oor die klub-kampioenskap. Bokkas en Leon en Cora lê gesamentlik derde en die einde is in sig.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.