Bosveld Posduifklub

LEPHALALE — Bosveld Posduifklub se duiwe het Saterdag 1 Julie vanaf Theunissen aan wedvlug 9 en 10 deelgeneem.
Die gemiddelde afstand was 514 km en die wenspoed vir die jaaroudduiwe was 1 300 meter per minuut (78 km/h) en vir die ope duiwe 1 275 meter per minuut (76.5 km/h).
Die wedvlug het ‘n uur later begin as gevolg van reën. ‘n Wedvlugduif kan nie in reën vlieg nie, aangesien die duif sal gaan sit en wag tot die vere afgedroog het voor dit verder vlieg. Die weer het ook veroorsaak dat die duiwe redelik ver uit mekaar teruggekeer het.
Jo-Mari (Bokkas) het die ou manne egter gewys hoe om duiwe te vlieg in gure weerstoestande en albei wedvlugte gewen.
Die uitslae vir die twee wedvlugte is as volg:
Wedvlug 9 (Jaaroud):
Jo-Mari (Bokkas) 1,3,7; Human-hokke 2,6,8; De Lange-hokke 4,5,9,10 en Alec Smith 18,19.
Wedvlug 10 (Ope):
Jo-Mari (Bokkas) 1,8; Leon en Cora Nagel 2,10; De Lange-hokke 3,5,6,7; Human-hokke 4,9 en Alec Smith 14,19.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.