Bosveld Posduifklub

LEPHALALE – Die wedvlugte vir 2017-duiweseisoen is in volle swang. Daar word twee wedvlugte per naweek gevlieg. ‘n Jong duif-wedvlug en 30 minute later ‘n ope-wedvlug waarin enige ouderdomsgroep kan deelneem.
Die duiwe word onderskeidelik om 07:15 vir die jong duiwe en 08:45 vir die ope wedvlug losgelaat vanaf die betrokke wedvlugpunt.
Die klub het besluit om erkenning te gee aan elke deelnemende duif – net soos wat daar met marathon-atlete gedoen word. Daar is ook ‘n afsnytyd wanneer die wedvlug beëindig word om die uitslae te bepaal.
Die wedvlugte word elke naweek ongeveer 50 km langer gemaak om die duiwe stelselmatig fikser te kry vir die langer wedvlugte in die seisoen. Die gemiddelde spoed van elke wedvlug word deur die weerstoestande bepaal.
Met ‘n wind van voor sal die spoed stadiger wees en die duiwe vlieg baie laer om die windweerstand te vermy. Met die wind van agter vlieg die duiwe baie hoër en maak van lugstrome gebruik om huiswaarts te keer. Die duiwe vlieg net tot op ‘n sekere hoogte omdat die lug dunner raak. Met die aankoms by die huis lyk dit soos ‘n venstertjie wat in die hemelruim oopmaak soos wat elke duif op sy eie hok afduik.
Die uitslae van die afgelope agt wedvlugte is soos volg: (die uitslae verteenwoordig net die eerste tien posisies van elke wedvlug)
Parys: Ongeveer 360 km
Jaaroud-wedvlug: 1. Alec Smith 2. Leon en Cora Nagel 3. De Lange-hokke 4. Fritz Harmse 5. Human-hokke 6. Alec Smith 7. Leon en Cora Nagel, 8. De Lange-hokke 9. Alec Smith 10. Fritz Harmse.
Ope: 1. Jo-Mari Bokkas, 2. Human-hokke, 3. Human Hokke, 4. Human Hokke, 5. Human Hokke, 6. Fritz Harmse, 7. Fritz Harmse, 8. Leon en Cora Nagel, 9. Leon en Cora Nagel, 10. Human Hokke
Bothaville: Ongeveer 430 km
Jaaroud: 1. Human-hokke 2. Human-hokke 3. De Lange-hokke 4. Human-hokke, 5. Human-hokke 6. De Lange-hokke 7. Jo-Mari Bokkas 8. Jo-Mari Bokkas 9. Fritz Harmse 10. Jo-Mari Bokkas.
Ope: 1. Leon en Cora Nagel 2. De Lange-hokke 3. Jo-Mari Bokkas 4. Human-hokke 5. Fritz Harmse 6. Human-hokke 7. Jo-Mari Bokkas 8. De Lange-hokke 9. De Lange-hokke 10. De Lange-hokke.
Virginia: Ongeveer 505 km
Jaaroud: 1. Human-hokke 2. Human-hokke 3. Human-hokke 4. De Lange-hokke 5. Jo-Mari Bokkas 6. Human-hokke 7. Jo-Mari Bokkas 8. Jo-Mari Bokkas 9. Fritz Harmse 10. De Lange-hokke.
Ope: 1. Human-hokke 2. Jo-Mari Bokkas 3. Human-hokke 4. Human-hokke 5. Human-hokke 6. Human-hokke 7. Leon en Cora Nagel 8. Fritz Harmse 9. Leon en Cora Nagel 10. Leon en Cora Nagel.
Christiana: Ongeveer 532 km
Jaaroud: 1. Human-hokke 2. De Lange-hokke 3. Human-hokke 4. Jo-Mari Bokkas 5. De Lange-hokke 6. Alec Smith 7. Human-hokke 8. Jo-Mari Bokkas 9. Human-hokke 10. Fritz Harmse
Ope: 1. Jo-Mari Bokkas 2. Jo-Mari Bokkas 3. Leon en Cora Nagel 4. Leon en Cora Nagel 5. De Lange-hokke 6. Human-hokke 7. Human-hokke 8. De Lange-hokke 9. De Lange-hokke 10. Jo-Mari Bokkas.
Die duiwe van Bosveld Posduifklub het die naweek van 15 Julie vanaf Bloemfontein gevlieg. Albei wedvlugte was ope-wedvlugte. Die eerste wedvlug se duiwe is om 07:30 gelos en die duiwe vir die tweede wedvlug om 08:00. Die gemiddelde afstand gevlieg was 627 km.
Wedvlug 13, die eerste ope-wedvlug, se eerste duif terug in die hok behoort aan Human-hokke met ‘n wenspoed van 1050.8931 meter per minuut (63 km/h). Wedvlug 14, die tweede ope-wedvlug, se eerste duif terug is ook die eiendom van Human-hokke met ‘n wenspoed van 984.6443 meter per minuut (59 km/h).
Met ‘n westewind wat gewaai het, het die duiwe ver gedraai voor hulle huis toe gegaan het. Die pad na elkeen se hok word elke naweek stof getrap met die wag vir die duiwe. Uitslae vir die wedvlugte is as volg:
Bloemfontein Ope 1: Human-hokke 1 en 7, Leon en Cora Nagel 2, 3, 4, 5, 6, 8, Jo-Mari (Bokkas) 9 en 10, De Lange-hokke 12 en 14.
Bloemfontein Ope 2: Human-hokke 1, 2, 4, 6, 8, Jo-Mari (Bokkas) 3 en 10, Leon en Cora 5, 7, 9 en De Lange-hokke 11.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.