Bosveld Posduifklub

LEPHALALE — Die duiwe van Bosveld Posduifklub het 22 Julie vanaf Edenburg gevlieg en die gemiddelde afstand van die wedvlug was 682 km.
Die eerste duiwe is gelos om 7:30 en die jong duiwe het vir die Derbytrofee deelgeneem.
Die tweede wedvlug (ope-wedvlug) se duiwe is om 08:00 gelos.
Saterdagmiddag om 17:19 stap die eerste duif, die eiendom van Human-hokke, die hok binne. Die gemiddelde spoed van die wedvlug was 1159.9785 meter per minuut (70 km/h) en die tweede wedvlug se spoed was 1147.2589 meter per minuut (69 km/h). Human-hokke se duiwe wen albei wedvlugte.
Die uitslae is as volg – Edenburg Jaaroud Derby: Human-hokke – 1, 4, 6, 7, 10; Leon en Cora Nagel – 2; Jo-Mari (Bokkas) – 3, 5, 8 en De Lange-hokke – 9.
Edenburg Ope: Human-hokke – 1, 3, 4, 5; Leon en Cora Nagel – 2, 6, 7, 9; Jo-Mari (Bokkas) – 8, 10 en De Lange-hokke – 14.
Die klubkampioenuitslae is: 1- Human-hokke, 2 – Jo-Mari (Bokkas), 3 – De Lange-hokke, 4 – Leon en Cora Nagel, 5 – Alec Smith, 6 – Fritz Harmse.
Verlore duiwe kan by Pierre Human gerapporteer word by 082 510 6660.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.