Bosveld Posduifklub

LEPHALALE — Die duiwe van Bosveld Posduifklub het die afgelope naweek sowat 759 km (soos die kraai vlieg) vanaf Hopetown afgelê.
Die duiwe het ‘n ligte wind van agter gehad en vyf duiwe was voor donker terug by hul hokke. Die res van die duiwe het vanaf vroegoggend gearriveer.
Leon en Cora Nagel se jong duif was eerste terug in die jongduifvlug en Human-hokke se duif was eerste terug in die ope-wedvlug.
Die eerste wedvlug se duiwe is om 07:30 gelos en die wenspoed was 1121.3299 meter per minuut en 67 km/h (06:47:28).
Die uitslae is as volg:
Jongduif – Leon en Cora Nagel 1 en 7, Jo-Mari (Bokkas) – 2 en 6, Human-hokke – 3, 4, 5, 8, 9, 10, De Lange-hokke – 11 en 14.
Die duiwe vir die ope-wedvlug is om 08:00 gelos en die wenspoed was 1284.9343 meter per minuut, 77 km/h (17:42:54).
Die uitslae is as volg:
Human-hokke – 1, 3, 7, 8, Jo-Mari (Bokkas) – 2, 6, 10, Leon en Cora Nagel – 4, 5, 9 en De Lange-hokke – 11 en 16.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.