Bosveld Posduifklub

Die duiwe van Bosveld Posduifklub het die naweek van 25 Augustus vanaf Kimberley gevlieg – met ʼn kopwind van voor was dit ʼn harde wedvlug.

Die duiwe vir die twee ope-wedvlugte is onderskeidelik om 07:00 en 07:15 gelos.

Die eerste duif terug van die eerste ope-wedvlug is die duif van Alec Smith met ʼn wenspoed van 46 km/h.

Die eerste duif terug van die tweede ope-wedvlug is die duif van Human Hokke met ʼn wenspoed van 49 km/h. Die tweede wedvlug is een van die klassieke wedvlugte van die jaar, naamlik die Frank Cole-wedvlug.

Die uitslae is as volg:

  • Kimberley Ope een: Alec Smith – 1; Leon en Cora Nagel – 2, 9, 10; Human Hokke – 3, 6; Jo-Mari Human (Bokkas) – 4, 5; De Lange Hokke – 7, 8.
  • Kimberley Ope twee: Human Hokke – 1, 2, 3, 4, 5, 7, 10; Leon en Cora Nagel – 6, 9, 10; Jo-Mari Human (Bokkas) – 11; De Lange Hokke – 13 en Alec Smith – 20.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.