Bravo vir Bravo Jeug

Agter is die wenners Willem, Engela, Marais, Jaco, Jean en Riaan Nel.
Die Bravo-span staan voor

Ria Wells
LEPHALALE — Bravo Jeug is ‘n organisasie wat reeds vir jare aktief in Lephalale bedrywig is en hul beywer om hulp in verskeie vorme aan die jeug te verleen. Om dit te kan doen benodig hulle fondse en daarom het hulle Saterdag 4 Maart ‘n gholfdag aangebied wat goed bygewoon is.
Johann Young het names Bravo Jeug gesê dat dit belangrik is om in die kinders te belê, wat in effek beteken dat daar in hul toekoms belê word. Hy het die deelnemers, die Bravo-span, Mogolklub asook die borge hartlik bedank.
At Vermaak het ‘n veiling waargeneem en heelwat items is vir goeie geld opgeveil.
Jean du Randt verdien ‘n klop op die skouer vir sy kolhou op putjie 8. Hy sê dat sy verbasing groot was toe hy by die setperk kom en sy bal in die gaatjie sien. “Dis ‘n baie lekker gevoel! Veral na 10 jaar se gholf speel”. Hy is ‘n groot sportliefhebber wat aan kompetisies soos driekamp, Comrades, Cape Epic-fietsry, Ysterman asook Skaak deelneem. Hy het reeds SA-kleure in skaak verwerf en het ook Saterdag sy 50ste parkrun gedoen.
Die gholfkompetisie is in tweebal-beterbal beslis. Naaste aan die penne was Riaan Nel op putjie 15 en Marais Visagie op 4. Die mees akkurate dryf is geslaan deur Jaco van Wyk op putjie 10.
Die wenners was Engela Nel en Willem Oosthuizen in die eerste plek, gevolg deur Deon Buys en Pierre Malan en in die derde plek was Riaan Nel en Chris Vermaak.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.