Carli galop na Victrix Ludorum

LEPHALALE — Carli Liversage van Hoërskool Elllisras is aangewys as die Victrix Ludorum van South African National Equestrian Schools Association Limpopo.
Die toekenningsaand is op 11 Februarie by Blouberg Ryskool te Vivo gehou. Carli ontvang ‘n toekenning vir deelname aan vier kompetisies, twee toekennings vir “Working Hunter”, ‘n toekenning vir Dressage Rider of the Year, Equitation en Show Jumping.
As gevolg van Carli en haar broer SW se uitmuntende deelname en prestasies word Hoërskool Ellisras aangewys as Hoërskool van die Jaar met 10415 punte.
Hierdie prestasie word weggeraap voor die neuse van skole soos Hoërskool Pietersburg, Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Ben Viljoen, Hoërskool Merensky, Hoërskool Piet Potgieter, Curro Heuwelkruin en Waterburg Academy om maar ‘n paar te noem.
Carli het twee perde met die name Amri en Klinker Rewolusie en sy pas hulle soos goud op.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.