Daar’s lewe in sewes

daars-lewe-in-sewes
Hoërskool Ellisras se o. 15-sewesrugbyspan is LUS vir rugby

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras het onder leiding van Jurg van Heerden, afrigter van Mogolrugby, ‘n o.15-sewesrugbyspan op die been gebring en dié span het Saterdag 10 September in Polokwane aan uitdunrondtes deelgeneem.
Die spanlede, Juan du Plessis, Louis Ellis, MC Steenekamp, Cameron Bronkhorst, Driaan Janse van Vuuren, GP du Preez, Tokkie de Beer, Divan Geldenhuys, Stefan Scholtz en JP van Staden, het hulle harte uitgespeel, maar in die finaal teen die span van Hoërskool Piet Potgieter van Mokopane verloor met ‘n telling van 14-24.
Hoërskool Ellisras se span wen Hoërskool Frans du Toit (26-5) en Hoërskool Louis Trichardt (35-0) en hulle verloor hulle wedstryd teen Hoërskool Ben Vorster van Tzaneen met ‘n naelskraaptelling van 7-14.
Puntemakers is Tokkie (5 drieë vir die dag), Divan (3 drieë), Driaan (2 drieë), Tiaan (2 drieë) en Stephan, JP en Cameron (elk 1 drie). Skopwerk word behartig deur Tokkie, Divan en JP.
Die volgende sewes-kragmeting is Saterdag 17 September in Tzaneen op Hoërskool Merensky se velde.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.