Damesgholfdag uit die boeke

LEPHALALE — Die nou reeds bekende Damesgholfdag wat jaarliks by Mogolklub se bane aangebied word, met Tamboti Toyota as hoofborg, is Woensdag 21 Maart gehou.

Die Jamaica-wenspan was Melissa van Vollenhoven, Geraldine du Randt, Simone Grobler en Christelle van Staden

Met die gewilde Lizz Meiring as gaskunstenaar en die tema “Around the World in 9 holes” was sukses gewaarborg.

Al die uitstallers het hulle stalletjies volgens die tema versier. Lande en state soos Suid-Afrika, Hawaii, Indië, Amerika, Skotland, Namibië, Meksiko, Texas en Duitsland is verteenwoordig.

Die uitslae was as volg: gholfer eerste plek – Engela Nel, gholfer tweede plek – Marie Pienaar, nie-gholfer eerste plek Micha Pieterse en nie-gholfer tweede plek Larissa Nel.

Die Jamaicaspan was die wenner van die spangees asook die wenner van die dag en hulle ontvang ʼn wisseltrofee. Die Mademozellespan eindig in die tweede plek vir spangees. Die bes geklede-span was Exquisite Beauty Salon and Day Spa en die Tequila Goldspan was die oorspronklikste span.

Die “longest day”-wenners is Marnelle Human, Ivy Serumula, Christien Pretorius en Sumari Gunter.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.