Dawie is ‘n doring!

LEPHALALE — Dawie Grobbelaar, ‘n Lephalale-inwoner wat tans besig is met sy skoolopleiding by Grey College in Bloemfontein, het die 30 km afstand van die Tour de Bos-fietswedren gewen. Dié fietswedren is Saterdag 15 Julie tydens die Bosveldfees aangebied.
Dawie, ‘n kranige fietsryer, het die naweek van 22 Julie aan die Nasionale SA Bergfietskampioenskappe by Mankele naby Mbombela (Nelspruit) deelgeneem en gekwalifiseer om in die 12de plek weg te spring uit ‘n groep van 45 junior deelnemers. Dawie sê dit was ‘n baie rowwe, uitmergelende roete, maar hy het ‘n derde plek in die SA o. 18-kategorie behaal.
Die Nasionale SA Bergfiets-kampioenskappe word voorafgegaan met kompetisies in Pretoria, Bloemfontein, die Paarl en Pietermaritzburg.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.