DBV gholfdag geslaagd

Wenners Andre (links) en Louis (regs) saam met Jan Beyer, Mogolklub gholfbestuurder
Wenners Andre (links) en Louis (regs) saam met Jan Beyer, Mogolklub gholfbestuurder

LEPHALALE – Die Mogolklub en die komitee van die Dierebeskermings-vereniging van Lephalale het onlangs ‘n geslaagde gholfdag aangebied. Ongeveer 108 gholfspelers het aan die kompetisie deelgeneem.
Erika Tempel, komiteelid, het die bedankings waargeneem en veral die borge, DBV-werknemers en vrywilligers wat ‘n oop hart en beursie vir die DBV het van harte bedank vir hul bydraes en positiewe gesindheid teenoor die diere wat nie vir hulself kan praat nie.
Sy het ook die komitee vir hul bydrae bedank.
‘n Opwindende veiling het gesorg dat die koffers van die DBV goed aangevul is. Miniatuurbeeldjies van Brian Habana en Bakkies Botha, elk saam met 10 kaste wyn, asook wildbokke, jagpakkette, akkommodasie, wegbreeknaweke met wildsritte ingesluit en selfs twee retoer-kaartjies na Dubai is opgeveil. Die beterbalspel het in heerlike herfsweer plaasgevind. Naaste aan die penne was Luan Lawson op putjie 8 en MC van Deventer op putjie 9. Die langste dryf vir die dag is geslaan deur Tian Langeveldt op putjie 11.
Louis Esterhuizen en Andre Lombard het in die eerste plek geeïndig met MC van Deventer en Chris Booysen in die tweede plek. Jannie Lee en Werner Erasmus was in die derde plek en Pierre Malan en Martin Nel in die vierde plek.
Die spelers is met uitmuntende pryse beloon.
Gaan deel gerus die foto’s op Mogol Pos se Facebookblad.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.