Debat na ATKV

Fransa de Beer
LEPHALALE — Hoërskool Ellisras se debatspanne het Woensdag 16 Maart vurig gedebatteer oor sake wat die meeste mense op die oomblik na aan die hart lê.
Die senior spanne se onderwerp ter bespreking was “Die gebruik van Engels as onderrigtaal sal (nie) verdraagsaamheid in Suid-Afrika bevorder (nie)” terwyl die juniors gedebattteer het oor: “Die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel voldoen (nie) aan die land se behoeftes (nie).”
Die uiteinde van ‘n baie suksesvolle debataand dring twee spanne deur na die ATKV debatskompetisie. Anke Erasmus en Talya Kaiser en Barbara Emslie en Tanya van Zyl gaan as senior spanne deelneem.
Die juniorspanne het drie lede in ‘n span en die gelukkiges wat ATKV toe gaan is Armand de Beer, JP van Staden en Janco Lötter asook Leandri van Deventer, Clarise Kritzinger en Nathalie Perrier.
Die seniorwenners was Anke Erasmus en Talya Kaiser en die juniorwenners was JP van Staden, Armand de Beer en Janco Lotter.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.