Die kampioen is …

Ria Wells
LEPHALALE — Mogolklub se geslote gholfklubkampioenskappe is hierdie naweek oor twee dae, 11 en 12 Maart, en 36 putjies uitgespook tussen 59 klublede wat deelgeneem het.
Rohann Schnetler, president van die gholfklub het Jan Beyer, gholfbestuurder, bedank vir ‘n puik baan waarop goeie gholf gespeel is asook vir Essie Beyer wat gesorg het vir ‘n heerlike Sondagmiddagete. Hy het ook die nuwe komiteelede verwelkom naamlik Wayne Smith as klubkaptein en Heinrich Piater as addisionele lid. Frans Faber is tans ook deel van die komitee as addisionele lid.
Naaste aan die penne was Saterdag Hilton McCabe op putjie 4 en Johan Nel op 15. Sondag was dit Johandre Swart en Dave Diamond se beurt op onderskeidelik putjies 8 en 11.
Die jonge Gerhard Pepler het weggestap met die louere as klubkampioen vir 2017. Hy wen dus ook die A-divisie gevolg deur Jan Hendrik de Meyer in die B-divisie en Louis Rossel in die C-divisie. Marinda de Lange was die damesklubkampioen en Andre Neil Burger die juniorkampioen.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.