Dis weer duiwe-tyd

LEPHALALE — Dis weer daardie tyd van die jaar wat die duiwe hulle vlerke regskud en die duiwe-eienaars die lug in staar. ‘n Nuwe duiweseisoen het Donderdag 2 Junie rondom ‘n heerlike braaivleisvuur afgeskop met duiweboere propvol bespiegelinge oor die naweek se weer.
Die lede van Bosveld Posduifklub sê hulle is bevoorreg om twee weerkundiges, naamlik Leon (Bloemfontein) en Pieter “Turtle” (Google) in hul geledere te hê.
Die nuwe seisoen begin amptelik onder ‘n nuwe unie – die Sentraal Limpopo Posduifunie – met ‘n splinternuwe trok.
Die eerste wedvlugte vind Saterdag 4 Junie in Potchefstroom plaas met ‘n afstand van 334 km wat die duiwe moet aflê.
Wedvlug een se uitslae:
De Lange-hokke – eerste en negende; Bokkas – tweede, vyfde en sesde; Human Hokke – derde, vierde en sewende en Chayenne Chebry Lofts in ‘n tiende plek.
Die uitslae van wedvlug twee:
Leon en Cora Nagel – eerste en agtste; De  Lange-hokke – tweede en derde; Chayenne Chebry Lofts – vierde; Human Hokke – vyfde, negende en tiende en Jaco Stander in ‘n sesde en sewende plek.
Bosveld Duiweklub bedank die gemeenskap vir hulle belangstelling en ondersteuning. Hulle sê ook dankie aan elkeen wat die moeite doen om hulle te skakel indien ‘n duif êrens opdaag.
Skakel 082 921 6770 vir enige navrae of om ‘n verlore duif aan te meld.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.