
LEPHALALE — Elf atlete van Hoërskool Ellisras het Saterdag 11 Maart aan die Limpopo-atletiekproewe in Polokwane deelgeneem en drie van hulle behaal tweede plekke.
Hulle is Charnè Vosloo, dogters o. 17 in die 100 m, Janco Lötter, seuns o. 15 in spiesgooi en Nico Snyman seuns o. 16 (hy neem deel in die o. 17-kategorie) in die 800 m.
Atlete wat derde plekke behaal het in Limpopo is Tokkie de Beer in hekkies, Dries du Preez in diskus en Johan Janse van Niewenhuizen in gewigstoot.