
Swartwatergimnastiekklub se vlak-4 seuns het Vrydag 6 Oktober aan GymGames SA se kampioenskap deelgeneem te MatSport Sentrum by Eldoraigne.
Daar was ’n totaal van nege provinsies by die GymGames SA’s en al drie gimnaste van Swartwater behaal ’n gemiddeld bo 9.
Afrigters Yolandé Vos en Melissa Gouws is SUPER TROTS op hierdie drie seuns.