
LEPHALALE — Ruan Basson (o. 14), Andreas van Zyl (o. 19) en Gerrie Blom (o. 16) van Hoërskool Ellisras is vol rowe as bewys dat hulle alles gegee het tydens die AVS sewes rugbytoernooiproewe wat van 5 tot 8 Oktober in Pretoria (Pretoria Tuine Tegnies) gehou is. Hierdie manne het plekke gekry in die Nasionale AVS-sewespanne wat van 4 tot 14 Desember na Portugal toer.
Die skool is baie trots op hulle.