Duiwedinge

Johan Lee
LEPHALALE — Die negende wedvlugnaweek (wedvlug 17 en 18) van die amptelike 2017-duiwewedvlugseisoen is Saterdag 29 Julie vanaf Colesberg gevlieg wat ongeveer 850 km luglangs vanaf Ellisras geleë is.
Die duiwe is onderskeidelik om 07:30 en 08:00 in mooi weer met ‘n ligte noordwestewind losgelaat in die twee ope-wedvlugte (enige ouderdom wedvlug).
Die duiwe het letterlik en figuurlik wind van voor gekry en hulle het die wedvlug afgespook teen ‘n gemiddelde spoed van ongeveer 1 080 meter per minuut.
Die eerste duif terug te Ellisras Duiweklub het Sondag om 08:53:23 oor die antenna van die duiweklok in die duiwehok geloop.
Die duif, eiendom van die Johan en Richie-span het die 850 km wedvlug afgevlieg teen ‘n gemiddelde spoed van 1084.5786 meter per minuut (ongeveer 65.07 km/h).
Die eerste duif terug in wedvlug 18 vanaf Colesberg was ook Johan en Richie se duif wat ingeklok is om 09:47:25 en wat die afstand afgelê het teen ‘n gemiddelde spoed van 1052.3754 meter per minuut (ongeveer 63.14 km/h).
Die Colesberg Ope-wedvlug 1 (wedvlug 17) se uitslae is as volg: Johan en Richie 1, 2, 3, 4, 7, 9, 10, Koos Burger 5, 6, 8.
Colesberg Ope-wedvlug 2 (wedvlug 18): Johan en Richie 1, 2, 4, 5, 7, 8, 9, 10; Koos Burger 3, 6 en Koos Myburgh 15.
Baie geluk aan Johan en Richie met die twee wenne hierdie naweek. Hulle lê nou voor met die algehele punte en die manne wat hulle vanjaar wil vang sal die roer-ding moet doen.
Baie geluk aan almal wat goed gedoen het en sterkte aan die manne wat sukkel! Aan die boere wat sukkel is daar bietjie raad – gee die duiwe hierdie week ‘n skokbehandeling – gee hulle vir ‘n slag skoon kos en water.
Lekker man! Tot volgende week dan, dan praat ons weer.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.