Duiwedinge

LEPHALALE — Die elfde wedvlugnaweek (wedvlug 21 en 22) van die amptelike 2017- duiwewedvlugseisoen is vanaf Verkeerdevlei gevlieg wat ongeveer 580 km vanaf Lephalale geleë is – in ‘n reguit lyn.
Die duiwe is Saterdag 12 Augustus onderskeidelik om 07:00 en 07:30 in mooi weer met ‘n ligte noordwestewind losgelaat en die gemiddelde spoed was net so oor die 1 300 meter per minuut.
In ope-wedvlug 1 was die eerste duif terug te Ellisras Duiweklub die eiendom van Johan en Richie. Die duif het om 14:27:15 oor die antenna van die duiweklok in die duiwehok geloop en die 580 km wedvlug afgevlieg teen ‘n gemiddelde spoed van 1304.5529 meter per minuut (78.27 km/h).
Die eerste duif terug in ope-wedvlug 2 (wedvlug 22) het oor die antenna van die duiweklok in die duiwehok geloop om 15:26:37. Hierdie duif, ook die eiendom van Johan en Richie, het die wedvlug afgevlieg teen ‘n gemiddelde spoed van 1224.1742 meter per minuut (73.45 km/h).
Verkeerdevlei Ope-wedvlug 1 (wedvlug 21) se uitslae is as volg: Johan en Richie 1, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, Koos Burger 2, 3.
Verkeerdevlei Ope-wedvlug 2 (wedvlug 22): Johan en Richie 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 10, Koos Burger 9 en Oom Koos Myburgh 12.
Baie geluk aan Johan en Richie met hulle twee wenne hierdie naweek en baie geluk aan die manne wat goed gedoen het.
Sterkte aan die manne wat gesukkel het die naweek.
Komende naweek word die “elite” wedvlug, die Jaaroudkampioenskap vanaf Edenburg gevlieg. Al die duiweboere is besig om voor te berei vir hierdie spesiale wedvlug en gaan poog om die energievlakke van die duiwe so bietjie op te jaag met spesiale drankies en diëte om sodoende ‘n voordeel oor die mededinging te probeer kry.
Die somer kom ook nou vinnig nader en die warm weer veroorsaak weer sy eie probleme. Duiwe trek swaar as dit warm word.
Tot volgende week dan “bye for now”.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.