Duiwedinge

LEPHALALE — Die duiwe van Ellisras duiweklub het Saterdag 28 Julie vanaf Wolmaranstad gevlieg om die 420 km na Lephalale af te lê.

Richie Pieterse het die eerste plek oorgeneem by Koos Burger op die Wolmaransstad 2-vlug met sy duif wat die huis gehaal het teen ’n spoed van 1 256.18 meter per sekonde.

Die uitslae vir die onderskeie wedvlugte was as volg: Jaaroud-wedvlug: Richie Pieterse: 1, 2, 4, 6, 7 en 10; Koos Burger: 3 en 8; Johan Lee: 5 en 9 en Koos Myburgh: 13.

Ope-wedvlug: Richie Pieterse: 1, 3, 4, 5, 7, 9; Johan Lee: 2 en 6; Koos Burger: 8 en Koos Myburgh: 27.


LEPHALALE — Die duiwe van Bosveld Posduifklub het die naweek van 28 Julie in wedvlug 17 en 18 vanaf Wolmaransstad gevlieg. Die gemiddelde afstand gevlieg was 423 km.

Die eerste jong duif terug was die eiendom van Alec Smith met ʼn wenspoed van 1250.2896 meter per minuut (75 km/h).

Die duif van Human Hokke het in die ope wedvlug eerste oor die klok geloop met ʼn wenspoed van 1286.6556 meter per minuut (77 km/h).

Die manne en dame sal hul sokkies moet optrek, want Alec was die week weer stad toe en daar sal sekerlik nuwe raad saam terugkom.

Die uitslag is as volg:

Human Hokke 848; Leon en Cora Nagel 842; De Lange Hokke 820; Jo-Mari (Bokkas) 785; Alec Smith 719 en Frits Harmse 457.

Wedvlug 17 Jaaroud: Alec Smith 1, 9; Leon en Cora Nagel 2,10; De Lange Hokke 3, 6; Jo-Mari (Bokkas) 4; Human Hokke 5, 7, 8.

Wedvlug 18 Ope: Human Hokke 1, 5, 6; De Lange Hokke 2, 9; Leon en Cora Nagel 3, 4, 8; Jo-Mari (Bokkas) 7 en Alec Smith 10.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.