Duiwedinge

Bosveld Posduifklub

LEPHALALE — Die duiwe van Bosveld Posduifklub het die naweek van 18 Augustus die 496 km vanaf Virginia (Vrystaat) in die Keurwedvlug gevlieg. Die eerste duif terug in die hok in die jaaroudwedvlug, met ʼn spoed van 72,5 km/h is die eiendom van Jo-Mari Human (Bokkas).

Die duiwe het hulle goed van hul taak gekwyt met ʼn ligte windjie van voor.

In die ope-wedvlug was dit die duif van Human Hokke wat eerste sy verskuining gemaak het. Hy bereik sy hok met ʼn gemiddelde spoed van 70 km/h.

Die uitslae is as volg:

Keurwedvlug: Bokkas 1, 2, 9; Human Hokke 3, 7, 8; Leon en Cora Nagel 4, 6, 10; Alec Smith 5 en De Lange Hokke 12.

Ope-wedvlug: Human Hokke 1, 9; Leon en Cora Nagel 2, 4, 5; De Lange Hokke 3; Bokkas 6, 8, 10 en Alec Smith 7.

Dit was die einde van vanjaar se jaaroudwedvlugte waarvan die uitslag as volg is: Human Hokke in die eerste plek, Leon en Cora Nagel tweede, Alec Smith derde,

Jo-Mari Human (Bokkas) vierde, De Lange Hokke vyfde en Frits Harmse sesde.


Ellisras Duiweklub

LEPHALALE — Vlug 22 en 23 het die afgelope naweek vanaf Virginia plaasgevind. Die duiwe van Ellisras Duiweklub is in ʼn noordoostelike wind losgelaat en die kompetisie was straf.

Koos Burger se eerste drie jongduiwe kom vanaf 15:04 by die hok aan met ʼn vier minute interval onderskeidelik en ʼn 25 minute voorsprong bo enige van die ander lede se jongduiwe.

Richie Pieterse se duif wen die opevlug met ʼn spoed van 1 138 meter per minuut en ʼn 29 minute voorsprong. Koos Burger se duiwe volg en sorg vir ʼn tweede en derde plek in die opevlug.

Dit wil voorkom of die langer vlugte Koos se kos kan wees, of is dit dalk iets spesiaal in sy duiwe se kos?

Die uitslae vir die onderskeie wedvlugte is as volg:

Jaaroudwedvlug: Koos Burger 1, 2, 3, 6, 7; Richie Pieterse 4, 5, 7, 9, 10; Johan Lee 14 en Koos Myburgh 17.

Ope-wedvlug: Richie Pieterse: 1, 4, 5, 6, 7, 9; Koos Burger 2, 3, 10; Johan Lee 8 en Koos Myburgh 16.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.