Duiwedinge

Die duiwe van Ellisras Duiweklub se tweede stel wedvlugte vanaf Virginia het Saterdag 15 September plaasgevind.

Die vorige naweek is deelgeneem vanaf Hopetown met ’n afstand van 756 km en die duiwe het almal verbaas! Richie Pieterse het ’n streekwen gevlieg, met die duiwe wat teen 1 555 meter per minuut huis toe kon vlieg, met die wind in hulle guns.

Die Virginia-wedvlug die afgelope naweek was amper die heel teenoorgestelde verhaal, met die 502 km wat maar teen 1 084 meter per minuut en stadiger afgelê is, is dit duidelik dat die skielike warm weer die wedvlugte drasties beïnvloed.

Nietemin was dit ’n baie interessante wedvlug, met beide Koos Myburgh en Johan Lee wat hul duiwe in die top tien bevind. Alhoewel nie ’n wen nie, is dit steeds uitstekend as mens in ag neem dat die twee klublede slegs twee duiwe vir Johan en vier vir Koos Myburgh onderskeidelik ingeskryf het vir die wedvlugte. Uitstekende “strike rate” soos die Engelsman sal sê!

Richie maak natuurlik steeds die plekke vol, volksmond vermoed dat hy hulle met Smarties omkoop om so vinnig die huis te haal.

Die uitslae vir die onderskeie wedvlugte vir Virginia was as volg;

Virginia Ope 1: Richie Pieterse: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 8, 9; Koos Myburgh: 7, 10

Virginia Ope 2: Richie Pieterse: 1, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 11; Johan Lee: 2; Koos Myburgh: 9, 10.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.